Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Dis nie Steve nie se laaste dans nie | Rapport

http://myafrikaans.com/laaste-dans-drienie.html

KOOP DIE eBoek HIER! #eboeke

Resensie deur Johan Smith

Voordat ek wegval, sal ek met die huis in die deur val en die groot vraag op almal se lippe beantwoord: Is Laaste dans, Drienie net vir getroue Steve-aanhangers? Die antwoord is nee. Die skrywer bewys dat hy inderdaad nie ’n pampoen is nie en ’n vermaaklike, goed gebalanseerde roman kan skryf. En hoewel hy heel moontlik Jan Pierewiet agterstevoor op ’n vel toiletpapier kan skryf en dit steeds sal verkoop, hoort hierdie boek op jou boekrak, en nie op die toiletrol nie.

Lt. Muller Joubert, beeldpoetser van die SAPD, ondersoek ’n anonieme oproep wat lei na ’n ouetehuis in Pretoria. Die beskuldigde is ’n tannie van ouer as 90 jaar. En sy vertel ’n storie uit ’n verlore era van oorlog, verraad en liefde.

Tussen die ondersoek deur verwerk Joubert sy gevoelens vir sy kollega kapt. Sonja Basson. Maar min het hy geweet tannie Drienie se storie sal ’n groter impak op sy lewe hê as enige saak wat hy nóg gepoets het. Hy word ingetrek in ’n tragiese verhaal wat sy lewe oorneem.

Die roman neem ’n ruk om aan die gang te kom en die narratief oor twee tydperke (die een is 2013 en die ander die vroeë 1940’s) laat die leser soms ’n bietjie in die duister, maar die storie vloei mettertyd. Dis opvallend dat die eerste deel van die boek feitlik sonder dialoog is, en net die denke van die karakter en die verteller blootlê. Sekere lesers sal moontlik meer interaksie tussen die karakters wil sien.

Die simplistiese verhouding tussen Joubert en Basson staan in kontras met die komplekse verhouding tussen die broers Jurgen en Dawid Bremer en Betanie Engelbrecht (Drienie). Die leser kan dit egter oorsien, want Joubert en Basson dien grootliks net as agtergrond. Dis die lewensverhaal van die Bremer-broers en Drienie wat die hartsnare roer.

via Dis nie Steve nie se laaste dans nie | Rapport.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment