Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Die verdwyning van Billy Katz

Resensent: Deborah Steinmair

Koop die eBoek hier! #eBoeke

Staan opsy, Lisbeth Salander: Speurder Ella Neser is terug op die toneel. My respek en ewige dank kom haar toe, want sy het die wêreld verlos van die psigopatiese walgbal Abel Lotz. Ná hierdie onmenslike ontbering is sy terug aan diens ná drie maande siekteverlof, maar sy is nog geestelik broos: Haar hande sweet en bewe, sy is huilerig en haar stem is hees. Sy wil eers stadig begin, maar kol. Silas Sauls het ander planne: Sy moet terugklim op die perd wat haar afgesmyt het. Tydelik broos of te not, topfiks adj.off. Ella het rooimiere en sy takel ’n raaiselagtige saak oor vier mummie-agtige linkervoete wat in ’n Checkerssak in ’n park gevind word.

Die meesterverteller Chris Karsten het die leser onmiddellik aan die kort nekhare beet. Sy ou koeranthand is duidelik sigbaar. ’n Koerantberig oor die vonds het die volgende treffende kop: “Rondloper-voete slaan polisie dronk”.

Die kolonel stel voor dat Ella die kundigheid van ’n sekere oud-polisieman inwin: die aantreklike Lou Pep­ler, wat ongeveer 20 jaar gelede die verdwyning van Billy Katz, ’n bedorwe rykmanseun en rokjagter, ondersoek het. Die saak is nooit opgelos nie en Pepler bedryf nou sy eie sekuriteitsmaatskappy. Pepler verstaan post-traumatiese stres. Ná sy diensplig aan die grens was hy bossies, het hy sy vrou en so byna sy kop verloor en homself reggedokter met towersampioene.

Die roman het twee storielyne: een in die hede, met Ella en die rondlopervoete, en die ander in 1994, met die getraumatiseerde Pepler en die skoonveld Billy Katz. Pepler figureer in al twee storielyne en die leser het vaste vertroue dat die kloutjie uiteindelik by die oor gaan uitkom. Ella is enkellopend nadat sy haar rugbyspeler-kêrel met al sy beserings en skete in haar bed saam met ’n hokkiespeler betrap het. Nou bou daar romantiese spanning tussen Ella en Lou op wat die pot gesellig aan die prut hou.

Omslag van Die verdwyning van Billy Katz, deur Chris Karsten.

​Die reeksmoordenaar Abel Lotz is dood en nou het ons te doen met die wanfunksionele gesinnetjie Pottas: Mona, haar twee dogters, Vera en Heidi, en grootmaakseun, Rakker, wat in ’n veld opgetel is nadat sy tong vir moeti uitgesny is. Rakker is stom, hy eet Purity, dep gedurig die kwyl van sy mond met ’n waslap en sal enigiets doen vir sy gesin. Die Pottasse kyk graag na tuisflieks wat hulle self vervaardig, eers met ’n ou Zoomatic en later met gesofistikeerde videokameras.

Lees verder by netwerk24

 

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment