Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Die skouspel van Etosha in die reënseisoen

Die skouspel van Etosha in die reënseisoen

deur Elise Tempelhoff

Lees die volle artikel in die Beeld

Ek was vroeër vanjaar bevoorreg om die Etosha­park in Namibië te besoek. Dit was die reënseisoen en die panne was toe onder die water. Die groot pan van meer as 5 000 km² het gewemel van die watervoëls, veral flaminke.

Dié pan het in die laaste paar dekades gedeeltelik opgedroog. In die reënseisoen word die pan deur ’n stelsel van delta-agtige vlak riviertjies vanuit Angola gevoed en water van sowat 15 cm diep bedek nou gewoonlik die panne.

Verslae wat tot 1930 teruggaan, wys dat die pan in reëntye destyds tot 50 cm diep met water bedek was. Is dit dalk nog ’n teken dat klimaatverandering met ons is? Klimatoloë sê mos die westelike dele van Afrika gaan droër word.

Etosha bestaan uit ’n soutagtige woestyn- en woudgebied (waarin struikagtige plante voorkom), asook grasvlaktes.

Om die meeste van die 114 soogdierspesies op die pan (in die droë seisoen) te sien, is aanskoulik en enige fotograaf se droom.

Van die soogdiere wat hier aangetref word, is bedreig. Soos die swartrenoster, jagluiperd en die swartgesig-impala.

Dis ’n aangename ervaring om renosters in die park te sien en te besef dat geen stropery (tot dusver) hier plaasvind nie.

 

Etosha, Piet van Rooyen, NB uitgewers, R160.00

 

Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet goed sy dae is getel. Hy staan in die pad van die nuwe regering se planne vir ontwikkeling en vooruitgang.

Met sy Anti-Poaching Unit (APU) probeer hy sy geliefde diere beskerm, onbewus oor hóé die groep oud-soldate sy opdragte uitvoer. In die afgeleë ooptes van die park maak hulle ’n wildstroper wreed dood. Die wildstroper is die hoofman van ’n Himba-stam en Justus Tjambiro se pa.

Die renosterhoring wat hy laat val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy seun se universiteitsopleiding. Justus keer terug uit die stad om sy pa op te spoor. Wanneer hy sy pa se lyk vind, neem hy hom voor om sy pa se dood te wreek op die bevelvoerder van die APU – Karel Fechter.

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment