Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Die sewe kruiswoorde

Op ’n koppie buite Jerusalem het daar tweeduisend jaar gelede drie kruise gestaan. Jesus van Nasaret het aan die middelste kruis die geskiedenis letterlik in twee gedeel. Hy het die mag van sonde en dood finaal verslaan, sodat die mens vir wie Hy so lief is, weer die vreugde van ’n hegte verhouding met Hom kan beleef. Terwyl Jesus aan die kruis hang, vloei daar sewe uitsprake oor sy lippe – onvergelyklike woorde van liefde, hoop, versmagting en, uiteindelik, oorwinning. Daardie woorde weerklink vandag nog net so helder, en hou ook ’n boodskap in vir jóú lewe. Beleef hoe hierdie uitsprake God se liefde en genade in jou lewe tuisbring, en waarom die gebeure daardie Vrydag jou nie onaangeraak sal laat nie. Jesus het sewe finale uitsprake gemaak aan tydens Sy laaste ure aan die kruis. Hierdie frases lê volgelinge van Jesus baie naby aan die hart omdat dit ‘n kykie gee in die realiteit en intensiteit van Sy lyding aan die kruis.

Die kruiswoorde weerspieël Sy goddelikheid sowel as Sy menslikheid. Volgens die Evangelies is die finale uitsprake in kronologiese volgorde:

1. Jesus praat met sy vader

Lukas 23:34

2. Jesus praat met die krimineel aan die kruis

Lukas 23:43

3. Jesus praat met Maria en Johannes

Johannes 19:26-27

4. Jesus roep uit tot die Vader

Matteus 27:46

5. Jesus is dors

Johannes 19:28

6. Dit is volbring!

Johannes 19:30

7. Jesus se laaste woorde

Lukas 23: 46

Tom Gouws skryf in sy blog dat in uiterste pyn en ontbering het Jesus aan die kruis net sewe kruiswoorde kon uiter, maar elkeen van hierdie woorde verhul die volledigheid en oneindigheid van sy Goddelike missie. Die laaste kruiswoord – dit gee vir ons ‘n baie goeie samevatting van wat alles by die kruis gebeur het: “En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.” (Joh 19:30).

Kliek op die afbeelding om die eBoek te koop!

Kliek hier om te sien oor hoe maklik dit is om eBoeke op ‘n slimfoon te lees!

Google

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment