Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Die kroniek van stil tussen ruimtes #eBoek

http://myafrikaans.com/wilhelmina-radebe-kom-tuis-12387.html

Koop die eBoek hier!

Van Zyl het vir haar doktorsgraad navorsing gedoen oor swart verstedeliking in Vereeniging tussen 1923 en 1960.

Van 1984 tot 1995 het sy geskiedenis op die Sebokeng-kampus van die Vista-universiteit gedoseer en onder meer gereeld middagete gaan koop in Zone 14, waar haar boek afspeel.

Vereeniging se stadsraad het ’n volledige argief gehad vir Bantu Affairs, sê sy, maar dis veral die dokumente wat die swart inwoners self geskep het – briewe en petisies – wat haar aangegryp het. Sy het vir die eerste keer die impak begryp wat wetgewing op die alledaagse lewe van swart mense gehad het.

Omdat akademiese geskiedskrywing nie dié emosies vasvang nie, het sy besluit sy gaan eendag ’n storie daaroor skryf.

Sy wens almal wat dit lees, sal met hul harte verstaan hoe dit in die verlede vir die ander Suid-Afrikaners was, dat verandering onafwendbaar was, dat alle lande waar so ’n verandering plaasvind deur ’n onstabiele fase gaan.

Daar is baie verrassings en interessanthede in die boek, soos dat van Wilhelmina se kinders weggaan om aan apartheid te ontsnap.

Dis die snaar wat in die bemarking van die boek aangeraak word: net soos baie Suid-Afrikaners wie se kinders nou die land verlaat om aan regstellende aksie te ontsnap.

Teen die einde sit jy as leser met die hoop dat een van die karakters wat die land verlaat het ’n teken sou gee dat hy iewers is, maar dié hoop beskaam.

Met dié onsekerheid en verlies sukkel Suid-Afrika vandag nog, asook om sin te maak van die verlede, van vrae oor diegene wat ná apartheid nie teruggekom het nie. Wat het van hulle geword?

Aan die einde van die storie kom Wilhelmina weer tuis in haar grootword-omgewing, die plaas-milieu en daarmee ook in haar moedertaal, Afrikaans.

Dié boek kan vir die post-apartheid-era doen wat Die swerfjare van Poppie Nongena en Vatmaar vir vorige geslagte gedoen het.

Met dié boek kan die dice reg val: vir die versweë geskiedenisse van die Wilhelmina Radebes én vir die skrywer, Marinda van Zyl.

Resensie Valda Jansen.

via Die kroniek van stil tussen ruimtes | Rapport.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment