Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Dans met die dood: Afrikaanse e-boek oor anorexia nervosa

Afrikaanse e-boek oor anorexia

Afrikaanse e-boek oor anorexia nervosa

Afrikaanse e-boek oor anorexia nervosa

Toe Aniel Botha sewentien jaar oud was, is haar jare lange, morbiede obsessie oor kos as anorexia nervosa gediagnoseer. ’n Dans met die dood is haar aangrypende beskrywing van die ses weke wat sy in die eetsteurnisafdeling van ’n hospitaal deurgebring het, en van die ander pasiënte wat sy daar ontmoet het. Die leser vergesel haar op haar pynlike reis terug van die afgrond, en kry onderweg diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer. Niks word verswyg nie – die leuens, die selfhaat, die komplekse en onstuimige liefde-haat-verhouding met kos, en die wanhopige hunkering na bevryding – of die dood.

lees meer.

Dans met die dood afrikaanse eboek

Dans met die dood afrikaanse eboek

DIE mens se eet en drink word deur baie faktore beheer. Jou eetpatrone word byvoorbeeld nie net deur jou eetlus bepaal nie, maar ook deur dinge soos die beskikbaarheid van kos, jou gesin of vriende se maniere van doen en deur kulturele gebruike. Ook jou wil om te eet of nie te eet nie, speel natuurlik ’n rol.

Om te dieet dat jy soos ’n Barbie-poppie lyk—wat ongelukkig ook dikwels beteken dat jy skraler sal wees as wat vir jou nodig is om gesond te wees—word oral in vandag se samelewing as die groot ideaal voorgehou. Met kleremodes, verkoopveldtogte vir spesiale voedselsoorte en wat nog alles word die onberade boodskap ingehamer dat dit mooi is om rietskraal te wees. Wee diegene wat nog molllig is, want hulle is nie in tel nie.

Dat só ’n milieu die teelaarde vir eetverstorings is, verbaas die sielkundiges nie. Of dit die kernoorsaak daarvan is, bly egter ’n ope vraag. Hoe ook al, eetverstorings behels ernstige wanbalanse in die eetgedrag, soos ’n ongesonde selfuithongering of ’n massiewe ooretery, gepaard met angsgevoelens of ’n uiterse besorgdheid oor ’n mens se liggaamsvorm of -gewig.

Navorsers probeer reeds geruime tyd vasstel hoe en hoekom aanvanklike vrywillige gedrag, soos om minder of meer kos as gewoonlik te eet, in die een of ander stadium by sekere mense hand-uit ruk en in ’n eetverstoring ontaard. Studies het getoon dat selfs die basiese biologiese aspekte van aptytbeheer en langdurige uithongering of ooretery geweldig ingewikkeld is. Tog word ernstig gehoop dat al die navorsing mettertyd tot doeltreffende kure vir eetverstorings sal lei.

Die twee hoofsoorte eetverstorings staan bekend as anorexia nervosa (of anoreksie) en bulimia nervosa (of bulimie). Sulke verstorings ontwikkel dikwels tydens die adolessensie of vroeë grootmensjare, maar volgens sommige verslae kan dit reeds in die kindertyd of later in die volwasse leeftyd kop uitsteek.

Eetverstorings gaan baiemaal gepaard met ander sielkundige verstorings soos depressie en angstoestande. Boonop kan die pasiënte ook liggaamlike probleme soos ernstige hartsiekte of nierversaking ontwikkel, wat tot die dood kan lei. Dit is dus uiters noodsaaklik dat eetverstorings as egte en behandelbare siektes erken sal word.

Meisies of vroue is baie meer geneig tot eetverstorings as seuns of mans. Daar word geraam dat slegs vyf tot vyftien persent van die pasiënte met anoreksie of bulimie manlik is.

Lees die artikel by mieliestronk

Koop die Afrikaanse eBoek hier!

Afbeelding

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment