Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Chanette Paul se internasionale deurbraak

Chanette Paul se internasionale deurbraak het gebeur.

Chanette het die Nederlandse vertaling van Offerlam, wat in dieselfde maand as die Afrikaanse vertaling verskyn, in België bekend gestel.

Offerlam speel in Suid-Afrika, die destydse Belgiese Kongo (nou die DRK) en in België af.

Verwerp deur haar man en skoonfamilie asook deur haar eie familie – juis toe sy hulle die nodigste gehad het – was dit vir Caz Colijn nie maklik om haar uitsonderlike dogter groot te kry nie.

Nou is Lilah egter ʼn suksesvolle internasionale model en kan Caz uiteindelik haar lewe lei soos sy wil – in afsondering op haar eie lappie Afrika in die Overberg. Hier het sy vir haar ’n skuiling teen die lewe geskep waar sy haar vertaalwerk kan doen en uitsien na Lilah se jaarlikse besoeke.

’n Oproep van haar vervreemde suster, Tieneke, keer Caz se rustige lewe eensklaps op sy kop. Josefien Colijn, die vrou wat Caz haar lewe lank as haar ma geken het, is op sterwe. As Caz wil weet wie haar biologiese ouers is, moet sy Gent toe kom voor Josefien sterf.

Hierdie oproep maak ’n tonnel na die verlede oop: na haar jeug onder Josefien se meedoënlose duim; na herinneringe aan haar kortstondige huwelik; na die nag waarop Lilah gebore is.

’n Inbraak beklink die saak. Caz gaan Gent toe. Deels om weg te kom van die misdaadmekka wat Suid-Afrika geword het, deels om uit te vind waarom sy deur haar biologiese moeder weggegee is en deels om Lilah te siene te kry.

Aanvanklik is Caz salig onbewus van die mense wat elke beweging wat sy maak, monitor. Geleidelik begin dit egter by haar insink: die twee Kongolese wat so gereeld oor haar pad kom, is dringend op soek na iets waarheen hulle glo sy hulle kan lei; en hulle stuit nie vir moord nie.

Die legkaartstukke van Caz se herkoms begin stadig in mekaar pas. Die waarheid het egter vele fasette, veral gesien deur die oë van ’n bejaarde vrou wat sukkel om hede en verlede uitmekaar te hou, en onthou en vergeet soos haar verkalkte are dit toelaat, of nie.

Intussen span die net wat die Kongolese oor Caz gooi, al stywer …

Die Nederlandse vertaling van Offerlam is op 10 November by die Antwerpse Boekebeurs bekendgestel en die stad Gent het Chanette ook genooi waar die boek daar bekend gestel is op 15 November 2015.

Offerlam is Paul se een en veertigste boek, maar verteenwoordig ’n nuwe begin vir haar oorsee.

Paul is steeds geliefd onder Suid-Afrikaanse lesers. Haar boeke haal verskeie kere finalisstatus vir pryse en sy word drie agtereenvolgende jare aangewys as die wenner van die Lekkerlit Boek van die Jaar-prys, naamlik in 2012 met Maanschijnbaai: Jo & Sue, 2013 Siende Blind en 2014 Ewebeeld. Ewebeeld wen ook in 2015 die ATKV-Woordveertjie in die liefdesromankategorie.

Voorsmaak: Kyk na die Belgiese voorskou van Offerlam – “thriller van formaat”:

Maar wat kan die leser verwag?

Soos gewoonlik hanteer Chanette donker temas met soveel deernis dat ’n mens wil voortlees, al word jy as leser diep getref. Wilna Adriaanse sê by die eerste lees van die manuskrip aan Chanette: “Jy het nog nooit geskrik om moeilike, en selfs kontroversiële, temas aan te pak nie. Hierdie manuskrip is net weer ’n bewys daarvan.”

Offerlam is internasionaal in baie opsigte en gee die leser ’n interessante blik op die Belgiese kultuur, soos hulle liefde vir die dieprooi kriekbier, hulle huise, hulle leefwyse en hulle effens verwarrende, maar tog so stiptelike, vervoelstelsels. Tog weet ons die hele tyd dat ons hand aan hand loop met ’n Suid-Afrikaner.

Adriaanse het oor Offerlam gesê dit is ’n “uitsonderlike en gutsy verhaal. As dit die soort inspirasie is wat kriekbier gee, vertrek ek nog vanaand België toe.”

Op ’n ernstiger noot, sê Adriaanse Offerlam “slaag ook daarin om die verskillende karakters se stemme baie outentiek oor te dra: Die Europeërs met hulle effe gereserveerdheid; die Afrikane wat aan die een kant ’n Europese opvoeding het, maar steeds met ’n Afrikastem praat; Caz wat wissel tussen Afrikaans-Holland/Vlaams en Afrikaans, ’n mens kan werklik hoor hoe sy met die Europeërs ’n meer formele manier van praat het, maar haar gedagtes is puur Afrikaans en aards. Heerlik.”

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment