Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Boekresensie: In die blou kamp deur Dana Snyman #eboek

via litnet deur Riette Rust

Koop die eBoek hier.

In die blou kamp is Suid-Afrika se heel eerste versameling Facebook-stories. Dis tog op dié sosiale netwerk waar ons deesdae kuier. Die skrywer het baie van sy verhale aanvanklik daar geplaas en só heelwat reaksie ontlok.

Dana Snyman deel sy reiservaringe, veral dié op die platteland. Ons ontmoet ’n wye verskeidenheid Suid-Afrikaners – gewones en bekendes – en ontdek, of herontdek, vergete plekke soos ’n ouwêreldse haarsalon of kontantwinkel.

In die blou kamp sou ’n tydsdokument genoem kon word, want ’n deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat reeds aan die uitsterf is, word opgeteken – met empatie, verwondering en humor. Daar is hartseer verhale, ja, soos dié oor depressie, selfdood, ouer word en die dood. Maar ander kere lag jy oor die Kersmaal wat klein gehou moes word, of oor die slot van die storie oor die ou oom wat so lank gebid het. Die Glam Guru-verhaal is eweneens prettig, maar vir sommige lesers dalk eerder ’n voorbeeld van patos.

Die nostalgie loop dik. Jy lees van ’n outydse uitstalkas, die verdwyning van die tradisionele Kerskaartjie en die sluiting van Aunt Maggie’s Book Exchange, ’n plattelandse boekwinkeltjie wat, soos die storietitel aandui, plek moes maak vir Amazon.com. Jy neem saam met die skrywer afskeid van ene oom Sakkie, eienaar van ’n haarsalon wat nog ’n barbierstoel in die middel van die vertrek het. En wanneer jy “A cappella” lees, verlang jy na die dae van musiekkassette.

Hoewel sommige verhale ’n politieke of geloofstrekking het, lewer Snyman nie pertinent uitsprake oor dié twee sensitiewe onderwerpe nie. Hy gee net weer wat hy waarneem. Tog kry jy ’n duidelike prentjie van kerklike stagnasie, die vernedering wat ’n dompas meegebring het, die brutale effek van xenofobie, asook finansiële vergrype en magsmisbruik op politieke gebied. Daarby leer jy verstaan hoekom selfs Julius Malema stemme trek.

Die skrywer het duidelik ’n besondere vermoë om mense na hom toe aan te trek. Soos wanneer hy op Nkandla gaan ronddwaal en terugkeer met ’n storie oor sy kuiertjie by Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se neef en raadgewer.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

2 Comments

Leave a Reply to Leon Terblanche Cancel Reply