Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Boekrak vol Afrikaanse e-lesers?

Ek het die volgende navraag van Fanie gekry:

Opmerking: Ek sukkel so effens om te verstaan hoe e-boeklesers verskil. Skynbaar is nie alle e-boeke geskik vir alle leers nie.

Weens krimpende ruimte wil ek nou oorskakel na e-boeke, maar wil nie rak vol e-lesers hê nie.

Dit wil voorkom of mens in SA probleme gaan hê met Kindle wat skynbaar een van die beste is ?

Kan iemand dalk help ?

Dit is reg, daar is twee hoof tipe e-lesers:

Die Kindle wat slegs Amazon se eBoeke kan lees. Die hoeveelheid Afrikaanse eBoeke in Amazon se winkel is besig om steeds te groei.

Dan e-lesers wat van die Adobe Digital Editions platform gebruik maak. Hierdie e-lesers kan weer nie die Kindle formaat lees nie.

Die groot en gewilde uitgewers in Suid-Afrika soos Tafelberg en Human en Rousseau gebruik die Adobe Digital Editions platform om hul Afrikaanse eBoeke te versprei. Myafrikaans.com het besluit om ook van Adobe Digital Editions gebruik te maak omdat die meeste Afrikaanse eBoeke in die ePub formaat is wat slegs deur Adobe gelees kan word en nie Kindle nie.

sony-Afrikaanse eBoek-leser

sony-Afrikaanse eBoek-leser

Die Sony Reader is die grootste teenstander vir die Kindle en in elke land is daar ‘n Sony boekwinkel waarmee boeke aanlyn met die toestel gekoop kan word. Ek besit nou twee maande ‘n Sony Reader en die toestel is net ‘n plesier, ek sal nooit weer terugkeer na gedrukte boeke nie. Die toestel weeg so min dat dit slegs met een hand vashou hoef word om gemaklik te lees. Omdat die lettergrootte ingestel kan word, kan dit so gestel word dat elke sin gelees word met een oogopslag. Die e-leser maak ook nie jou oë moeg nie want daar word van elektroniese ink gebruik gemaak wat sag op jou oë is. Die battery-leeftyd is meer as 100 ure en sonder om geheuekaart in te sit kan die toestel ongeveer 1200 Afrikaanse eBoeke stoor. Wat fantasties is dat die e-leser met twee woordeboeke gelaai is, en deur net met jou vinger op die woord te druk word die betekenis verskaf. Die leser het met WI-FI toegang tot die internet en deur op ’n woord te druk neem die e-leser die gebruiker na die wikipedia web-bladsy van die term. Wat ek die meeste geniet is die funksie as ek veelvuldige Afrikaanse eBoeke lees wat onthou watter bladsy ek laas in ‘n spesifieke boek gelees het. Die e-leser het verskillende skakerings van wit en grys skermkleure wat beteken dat dit nie ’n tablet-rekenaar is nie maar werklik ’n eBoek.

Kalahari.com verkoop ook ’n Gobii e-leser teen ’n sakpas prys wat al myafrikaans.com se Afrikaanse eBoeke kan lees.

Die kundiges voorspel dat die digitale e-leser mark deur tablet-rekenaars oorgeneem gaan word soos deur die iPad. Die Samsung Galaxy Tab is ’n slim keuse vir lesers wat ’n elektroniese biblioteek wil opbou! Die Samsung kan met die toepaslike programme alle eBoek formate lees.

Die voordele van ’n tablet-rekenaar is vanselfsprekend maar daar is ook nadele in vergelyking met ‘n e-leser:

– Die tablet-rekenaar is duurder en weeg meer,
– Die e-leser is sagter op die gebruiker se oë en
– en gebruikers wat e-boeke lees rapporteer dat hulle konsentrasie gereeld onderbreek word deur funksies van die talet-rekenaar soos byvoorbeeld epos wat opdaag.

Tog is Tablet rekenaars die boek van die toekoms!

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

1 Comment

Leave a Comment