Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Anneli Lanyon – my eBoeke

Afrikaanse eBoek

Koninkryk van die goggas- ‘n Roman. Afrikaanse eBoek

Anika Moolman is in die wolke toe sy by Jakkalsbessie wildreservaat arriveer. Sy het pas haar graad in die kunste verwerf en vir drie weke het sy geen druk op haar om die perfekte dogter van haar welgestelde ouers te wees nie. Sy kan skilder en haar siel vry maak in die Afrika bosveld. Haar vakansie verander egter vinnig in ’n nagmerrie toe sy op die toneel afkom waar ’n hiëna oor die verminkte liggaam van een van die gaste, Dianne Lourens, staan. Wat ’n noodlottige ongeluk blyk gewees het, verander skielik in ’n moord ondersoek en al die gaste in Jakkalsbessie word verdagtes. Kaptein Botha wat die ondersoek lei word gekonfronteer deur leidrade wat dui op ’n moord, te perfek om te beplan. Anika hoor ’n telefoon gesprek waarin die eienaar van Jakkalsbessie, Mauritz Malan, so te sê erken hy het Dianne Lourens vermoor. Toe sy hierdie inligting egter met Kaptein Botha deel, lag hy dit af. Sy stel haar lewe in gevaar in haar soektog na die waarheid. Tussen die intrige, die soet Afrika sonsondergange en die geroep van die goggas vind Anika egter baie meer as waarvoor sy gehoop het… Uittreksel uit Hoofstuk1 van die eBoek

Haar plakkies klap klap teen haar hakskene wyl sy haastig na die klein administratiewe geboutjie stap. Sy stop skielik en gee haarself oor aan die oomblik. Sy maak haar neusvleuels oop vir die skoon lug en geur van wilde gras. ‘n Mengelmoes goggas en voëls maak musiek in vreemde harmonie. Sy vee ‘n donker krul uit haar fyn besnede gesig en waai haarself koel met die koevert wat sy saamdra. Sy lyk seker iets verskrikliks na die vyf ure wat sy in die motor deurgebring het in hierdie versengende hitte. Maar die gedagte verdwyn vinnig toe sy in die rigting van die swaar hout hekke kyk en die ruie bosveld daaragter sien. Sy kan skaars haar opgewondenheid inhou. ‘n Breë glimlag speel om haar vol lippe. Sy is uiteindelik hier.

via Anneli Lanyon – my eBoeke.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment