Alles oor E-lesers

e-leser

e-leser

http://myafrikaans.com/blog/

Wat is Adobe® Digital Editions?

Adobe® Digital Editions verskaf ’n gebruikersvriendelike platform om eboeke en ander digitale inhoud te beheer.

Die sagteware word gebruik om digitale publikasies te koop, die dokument af te laai wat dan aanlyn of aflyn gelees kan word. Dokumente wat kopieer-beskerming het kan ook met hierdie program oorgedra word na ander toestelle soos e-lesers, selfone of ‘n ander rekenaar. Die sagteware ondersteun die standaard eboek formate soos PDF en EPUB.

Maar wat is EPUB dan?

Die meeste van die eboeke wat by myafrikaans.com beskikbaar is in die EPUB formaat. EPUB is ‘n leêrformaat wat deur die meeste e-lesers, selfone, rekenaars en tabletrekenaars gelees kan word. Die groot voordeel wat EPUB het bo PDF is dat die dokument ‘reflowable’ is, dit beteken dat die formaat outomaties aanpas by die grootte van jou skerm sodat die lettergrootte altyd leesbaar is.

Wat beteken dit as ‘n e-boek met Adobe DRM beveilig is?

By aanlynboekwinkels soos myafrikaans.com word daar duidelik aangegee of ‘n eboek met DRM beveilig is. DRM is ‘n akroniem vir “Digital Rights Management”. Dit is ’n tegniek om digitale inhoud te beskerm teen roof-kopiëring. As ‘n eboek met DRM beveilig is sal jy ‘n aflaai-skakel ontvang van die boekwinkel. Die leêr wat afgelaai word het ‘n .acsm-formaat wat beteken dat dit slegs gelees kan word met ’n rekening by Adobe. Adobe® Digital Editions verkaf die sagteware en nadat ‘n gratis rekening by Adobe geopen is moet jou rekenaar en e-leser deur die sagteware herken en gemagtig word.

Google

#eBoeke

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s