Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Afrikaanse eBoek vir die prys van 'n tydskrif

Daar was onlangs in die media uitsprake gemaak dat Afrikaanse eBoeke te duur is. Myafrikaans het 4 Afrikaanse eBoeke uitgekies wat in ‘n wye gehoor se smaak sal val en wat beskikbaar is teen die prys van ‘n goeie tydskrif.

Die Speletjie

François Bloemhof, NB uitgewers, R 30.66, Afrikaanse eBoek

Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie, want noudat dit begin het, kan dit nie gestop word nie, en as dit eers jou naam het . . . Iemand is reeds dood . . .

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek te Koop!

Twee dae in Mei

Jaco Fouché, Random House Struik, R28.22, Afrikaanse eBoek

 Enige dag in Mei is ʼn min of meer goeie dag vir die optimistiese mense met wie jy in hierdie boek twee dae saamloop. Jy kry hulle by Alkoholiste Anoniem in Belville, want dis wat hulle is: mense tot in hul kern aangetas deur alkahol. Is respektabel en verdraagsaam beter as dronk en los soos voorheen? Vir Elna is dit. Net soos ʼn klein maar tevrede lewe nou vir Robert skei van die onnoembare daad in sy verlede. Robert wil vanuit sy allenigheid na Elna reik, maar dis nie te sê hy kom by haar uit nie. Jim, weer, is ʼn allemansvriend, gesellig by Elna se dogter ingekruip. Maar hy drink steeds en sal moet fyntrap. Mens dans te lossies as jy lig getrek is. Aangewese op mekaar beweeg dié handjievol deur twee dae en nagte van hul lewe, soos enkelliggies in die groot ligtelaaie van die stad. Werk, speel, kwel, hoop … In die pynlikste aansprake op geluk lewe elkeen aan die rand van ʼn swart kolk in hul bestaan. Vlymskerp waarnemer, ragfyn tekenaar – Jaco Fouché is ʼn vakman wat jou hart ongesiens kan breek, Twee dae in Mei is die derde roman van dié bekroonde Bloemfonteinse skrywer.

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek te Koop!

Vier briewe vir Jan Ellis

Steve Hofmeyr, Random House Struik, R28.22, Afrikaanse eBoek

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer. Die vaardigheid waarmee hy die medium hanteer getuig van ’n kennis van sy grond, sy land en sy mense. Dit is ’n besonderse werk waarin ’n kragtige storie vertel word. Humor en patos vorm die grondslag vir die hartverskeurende verhaal van ’n onskuldige posbode wat weens ’n sameloop van omstandighede diep in die moeilikheid beland. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en ’n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat. Vier briewe vir Jan Ellis, ’n boek oor ’n doodgewone spreekwoordelike “klein” mannetjie, roer grootse kwessies aan sonder dat ’n “boodskap” aan die leser opgedwing word

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek te Koop!

Van altyd af

Elsa Winckler, NB uitgewers, R28.22, Afrikaanse eBoek

Cilla is ’n hoërskoolonderwyseres op die Overbergse dorp Caledon. Haar groot liefde is diere – perde in die besonder – en sy kan van kleins af met hulle kommunikeer.
Toe Reynecke Retief se hings probleme gee, vra sy plaasbestuurder haar om te help uitvind wat die perd pla, maar dis gou vir haar duidelik dat Reynecke haar nie vertrou nie. Trouens, hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor, en haar intuïtiewe benadering staan hom geensins aan nie. Maar sy diepblou oë en swart krulhare is vir haar vreeslik bekend. Het sy hom nie al iewers ontmoet nie?
Langbeen, donkerkop Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om. Daar is soveel hartseer in sy verlede . . .  sal hy ooit teenoor homself kan erken dat Cilla van altyd af vir hom bedoel is?

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek te Koop!

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment