Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Afrikaanse eBoek: UITTREKSEL UIT "DIE VROU" 'n kortverhaal deur Piet Schoombie

Ek het daardie middag soos gewoonlik op my geliefkoosde rots bokant die klein sandstrandjie gesit. Die son was alreeds laag in die weste en daar het ’n matige suidoostewind gewaai. Die gety was besig om in te kom en die middelmatige branders het met gespasieerde reëlmaat op die strand aangerol. Die rustigheid van die laatmiddag en die ruising van die seehet my ontspanne en lomerig gemaak. My oë het lui-lui oor die deining gedwaal sonder om op iets in besonder te fokus.Toe ek dus die blink flits in die ondergaande son op die water sien, het ek my nie veel daaraan gesteur nie. Dieselfde ligstraal is ’n rukkie later nader aan die strand herhaal. Ek het regop gesit en met meer aandag my oë soekend oor die water laat dwaal. Net toe ek begindink het dat dit maar sommer niks was nie, toe sien ek die skerp flits buite op die sandstrand, waar die laaste brander pas teruggetrek het. Dit was ’n glasbottel wat die sonstrale weerkaats het.

Ek het steeds nie veel aandag daaraan gegee nie, want leë bottels langs die strand wasnie vreemd of snaaks nie. Ja, die mens se vuil voetspore is oral in die natuur te sien.Die daaropvolgende branders het die bottel verder en verder op die strand uitgespoel, totdat dit uiteindelik hoog en droog op die sand agtergelaat is. Ek het later daarlangs huiswaarts gestap om dit saam te neem. Met die optel daarvan, het ek gesien dat daar iets binne-in was. Oënskynlik ’n bondeltjie papier wat heen en weer in die leë bottel rondgeval het. Tuisgekom, was ek op die punt om die bottel in die vullisdrom te gooi toe ek besluit hetom dit eers oop te skroef. Ek het die bondeltjie papier in my hand uitgeskud en gevoel dat daar iets binne-intoegedraai was. Dit kon afvalkos of iets soortgelyk wees en ek het dit maar vieserig oopgevou. Tot my verbasing het ek die klein plat voorwerpie as ’n kamera se geheue plaatjie herken!

Skielik was al my sintuie in ’n vlaag van nuuskierigheid op maksimum aangeskakel.Ek is haastig na my studeerkamer, waar ek met bewende hande die plaatjie verder ondersoek het.

Die Afrikaanse eBoek bevat onder andere twee Kersverhale, twee Paasverhale en ’n Pinksterverhaal. Verder is daar verhale van ’n gyselaarsdrama, ’n perlemoenstropery, ’n stem uit die graf, ’n misterie van ’n vrou by die see en ’n tipiese rooftog van die moderne tyd. Daar is ook ’n storie van ’n baie besondere plaasbegrafnis en die biografie van ’n plaaswerker wat ’n legende in sy eie tyd was. Verder word die leser ook voorgestel aan hedendaagse engele wat ’n deurmekaar en bose wêreld draagliker maak. Voorwaar ’n potpourri van verhale en artikels wat heerlike spanning en ontspanning aan die leser kan bied.

Gaan na http://myafrikaans.com/my-eboeke/piet-schoombie/engele-en-rowers.html om na die Afrikaanse eBoek Engele en Roowers te kyk.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment