Deon Meyer Afrikaanse eBoeke

Agt van Deon Meyer se gewildste Afrikaanse eBoeke is nou beskikbaar as Afrikaanse eBoeke by myafrikaans.com!

Deon Meyer word op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Toe hy 18 maande oud is, verhuis die gesin na Klerksdorp in die ou Wes-Transvaal. Hy begin sy skooljare aan die Laerskool Meiringspark en matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit. Deon is die middelste van drie seuns. In standerd 6 (deesdae se graad 8) moes hy sy twee broers Bertus en Francois afpers om sy eerste storie te lees. Hulle raad aan hom was dat hy nie dadelik met ’n nuwe boek moet begin nie.

Deon sal sy Engels-onderwyseres, Valerie de Bruyn, altyd onthou as iemand wat hom voortdurend aangemoedig het en met haar positiewe terugvoer oor sy opstelle ’n sekere selfvertroue vir skryf by hom gekweek het.

Deon beskou sy pa, Neil, as die wonderlikste storieverteller wat hy ken, en sy ma, Francis, as die beste resensent van sy pa se stories – sy het van almal gehou.

Ongelooflik, 30% korting met Deon Meyer Afrikaanse eBoek naweek.

Een speurder. Ses Slagoffers. Sewe Dae …

Ek sal elke dag ‘n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ‘n reeks naakfotos, ‘n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media, en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van die drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.

Kliek hier om die gewilde Afrikaanse eBoek Sewe dae te koop!

The Boeke Prys Fanatics Choicetoekenning vir 2011 is die jongste eer vir ‘Dertien Uur’, net twee weke nadat die boek aangewys is as die Beste Spanningsroman in die Barry Awards by Bouchercon in St Louis, VSA, op 15 September 15. “Dit was ‘n reuse-eer om tuis en oorsee dié soort erkenning te kry,” sê Deon. Dié roman was ook op die kortlyste vir die 2011 Macavity Award vir Beste Speurroman, die Britse CWA International Dagger-toekenning en die Suid-Afrikaanse Sunday Times-letterkundeprys. Dit het in 2009 die ATKV-Prys vir Beste Spanningsroman en die Mees Filmiese Roman-toekenning van M-Net ontvang.

Kyk na die Afrikaanse eBoek 13 uur!

Spoor was vir twee maande die nommer een topverkoper in Suid-Afrika, en word in 2011 in Engels in die VSA, Brittanje en Kanada uitgereik met die titel ‘Trackers’.

In Duitsland sal dit in Oktober beskikbaar wees (Duitse vertaling: ‘Rote Spur’) en in Frankryk teen September. Die Franse titel is nog nie bekend nie. (Loer gerus op die Engelse blad na die voorblaaie van die buitelandse uitgawes.)

Die boek sal ook in 2011 en 2012 in Sweeds, Noorweegs, Nederlands en Italiaans beskikbaar wees.

Kliek hier om Deom Meyer se Afrikaanse eBoek te koop.

About these ads
Met betrekking tot

http://linkd.in/HxkpjJ

Posted in Afrikaanse eboeke

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kliek hier om alles per vonkpos te ontvang

Join 335 other followers

  • Ster eBoeke van die week: 17 Mei- 2013
    20% Korting op die eBoeke wat die afgelope week die meeste besigtig is! Anderkant die scrap Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: […]
  • Nuwe Audio-boek in Afrikaans
    Spesiale Aanbieding! Bestel die volledige Audio-boek by bestelling@myafrikaans.com vir slegs R200,00! Ná sy aftrede het Frederick J. Smith (62) verveeld geraak. Toe begin hy hygromans skryf. Hoekom? Want, sê hy, Afrikaanse liefdesromans kort oemf! Sy nuutste erotiese boek, Maskers, is onlangs bekend gestel. Dit is die derde boek in die fiksie-trilogie Geen g […]
  • Volop Afrikaanse eBoeke
    Meer as 750 eboeke in Afrikaans wat by NB-Uitgewers se onderskeie drukname verskyn het, is nou ook aanlyn as e-boeke ook beskikbaar by myafrikaans.com. Dit sluit in topverkoper-boeke deur Deon Meyer, Marita van der Vyver, Anchien Troskie, Dana Snyman en Ena Murray. Die e-boeke kan op enige e-boekleser, tablet, rekenaar of slimfoon gelees word. Die volledige […]
  • Ster eBoek van die week: Steel vir my 'n dogter
      Magda Small se Afrikaanse eBoek: Steel vir my 'n dogter word met trots bekend gestel. Meer oor Magda Small: Ek het as plaaskind in die Bronkhorstspruit omgewing groot geword, vandat ek kan onthou was ek lief vir lees en Geskiedenis, ek wou altyd skryf maar dit het nooit gebeur nie. Later is ek getroud met die groot liefde van my lewe, het twee wonderl […]
  • Ster eBoek van die week: 'n Nuwe wildernis
    Gert van der Westhuizen skryf oor 'n Nuwe wildernis: Oor Suid-Afrika se Grensoorlog van 1966 tot 1989 in Namibië en Angola sal daar sekerlik nooit genoeg geskryf kan word nie. Daar is immers by die 500 000 dienspligtiges in dié tydperk opgeroep en baie – talle van hulle was destyds onwillige soldate – moet nog hul wedervaringe verwerk. Veral noudat hull […]
  • Halfprys ster eBoek 14-20 April 2013: Engele in die vreemde
    Ster eBoek deur Chris Schoeman is slegs vir die week beskikbaar teen 50% korting! Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met ’n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom – van Brittanje en sy kolonies, […]
  • Ster eBoek van die week: Kaalkop
    Ek het selfs al ’n boek geskryf met dié titel en voor ek eendag my laaste asem uitblaas, sal die verpleegster langs my bed se naam seker ook Dinsdag wees. Só hardloop ek op ’n Dinsdagoggend om 10:25 by ’n regeringskantoor in. Ek moet my nuwe paspoort gaan haal, daarna moet ek iewers my aansoek om ’n visum indien en daarna moet ek betyds op die lughawe wees v […]
  • Ster eBoek van die week: Wolf Wolf deur Eben Venter
      Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. ’n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet […]
  • Aanstaande Jaar in Jerusalem, 'n eBoek wat elke afrikaner moet lees
    Andrew Barlow skryf so oor sy nuwe eBoek, Aanstaande Jaar in Jerusalem: In die sewende eeu voor Christus was die Jode verdeel in twaalf stamme wat wydverspreid was oor `n groot gebied in die Midde Ooste. Tien van die stamme het gewoon in die noordelike gebied en slegs twee in die suidelike gebied. Hulle getalle was nie baie groot nie maar hulle was moeilike […]
  • eBoek oor die evolusie, wetenskap en geloof
    Die eBoek van Jaap Durand ondersoek die wisselwerking tussen evolusie,wetenskap,en,geloof. Hierdie eBoek word teen 'n spesiale prys van R55.08 bekend gestel.  Kliek hier om die moet-lees Boek te koop! In die tweede helfte van die 19de eeu is die evolusieleer met krag en oortuiging as ’n wetenskaplike teorie voorgedra. Met die verloop van jare het meer e […]
Pinterest

Andre Beukes

myafrikaans.com

Flickr Photos
More Photos
Goodreads
No data found
Book recommendations, book reviews, quotes, book clubs, book trivia, book lists
Webring
Powered by WebRing.
This site is a member of WebRing.
To browse visit Here.
Google +
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 335 other followers

%d bloggers like this: